VEE REMMAR

" Terloopse "  Skryfster

TOT NOU....

Die lewe in sy rondomtalie ....tot dit al stadiger begin draai en uiteindelik...die stilstand. Die oomblik wanneer jy nie meer kans sien om so swaar te dra aan ou bagasie nie.

Wanneer jy skielik met al die sekerheid in jou hart weet dat jy reg is...gereed is...om oop te maak en daardie groot, swaar sak van seerkry, opmors, minderwaardigheid, skuldgevoel en bowenal, die voorgee....einde ten laaste te laat sak en op die grond laat neerplons. Dis die grootste verligting...en tog maar net die begin.

Daarna volg die regop kom...al wil jou rug en skouer weer meegee, want dis nie gewoond aan die skielike verligting nie...Net om te besef dat die sak nou uitgepak en leeggemaak moet word....En al wil die bangwees weer oorneem...is die wilskrag sterker, want jy besef vir die eerste keer dat jy nooit hierdie pad alleen gestap het nie...dat baie lesse uit hierdie foute geleer is ... dat jy nog 'n kans gegun is om weer mens te raak en dat die uitpak van hierdie sak jou net meer gaan help... jou nog sterker gaan maak... ten spyte van die vingerwys en die oordeel wat tog nog gaan kom... weet jy wie jy is. 

Met al die stampe, die stote en die vele duikplekke, weet ek ook nou...HY dink tog dat ek al hierdie moeite werd is....


 

Haar naam is " NOTA...AAN MY HART SE PUNT ", waarmee ek hoop om iewers 'n verskil te maak ... miskien iemand laat verstaan ... miskien iemand noop om hulp te vra ... MISKIEN...

"NOTA...AAN MY HART SE PUNT"


 

'N WARE VERHAAL VAN 'N BIOLOGIESE MA'

 

Resensies :

KUIER Tydskrif ( RM):

" Vee Remmar skryf in pynlike detail die ware verhaal oor hoe sy elf jaar terug haar babadogter laat aanneem het. Die boek het begin as 'n brief vir haar dogter en dit lees ook so - op 'n vertellende styl. Vee praat openlik en eerlik oor hoe sy die swangerskap geheim gehou het, die geboorte by 'n tehuis, die harde lewe na die aanneming en hoe sy die Here gevind het. Vee skryf oor hoe sy op die harde manier moes leer al haar ouers se raad en gesegdes soos " wat jy in die donker doen, sal in die dag openbaar word", tog waar is.

Die boek raak by tye nogal sentimenteel, maar is ook rou van emosie by ander tye. Dis maklik leesbaar en almal wat die boek optel, sal iets daaruit leer."

LESERS se KOMMENTAAR :

 

" Dankie dat jy jou diepste hartsgeheime met ons kon deel. Ek het jou boek gelees met 'n knop in my keel en trane wat vlak gesit het. Ek wens dat elke jongmeisie en vrou jou boek kan lees...My hart bloei...Dankie!! "
       CLAUDINE BAKER
" Ek het so pas my boek klaargelees. Wat 'n inspirasie! Ek kan net dink watter traumatiese ervaring dit moes wees. Dit is sowaar net 'n baie sterk persoon wat sulke besluite kon neem. Jy hoef vir geen oomblik skuldig te voel nie. Dink net hoeveel vreugde jou besluit vir ander gebring het. Voorspoed en sukses vir alles wat jy nog beplan. "
     ROLAND DAAMES
" Vee...Vee...Vee...dit was seker die mooiste , seerste storie wat ek nog ooit gelees het.  Wel, soos jy my ken ( met my sagte hartjie ), moes ek 'n paar keer ophou lees, want ek kon nie deur my trane sien!! Ek't soveel RESPEK vir jou...Ek wens ek kon jou seer vir jou wegneem...! Jy verdien 'n kroon van deursettingvermoe en Dapperheid!!!! Stywe drukkie! "          
CARMEN KARELSE
" ...Ek kan die boek nie neersit nie. Ek is baie emosioneel vandag. Dankie...beteken baie vir my. Mooi bly....ek kan nie wag vir die ander boeke nie."
     HILLARY C. DAAMES
" ...Het die boek geniet...Met my klein hartjie moes ek maar die tissues naby hou. Sterkte vorentoe. Onthou...dis alles deel van God se plan met jou. "
   ALFREDAH DOMINGO
" Eerstens...baie trots op jou. Jy het my weer tot realiteit gebring om my kroos te waardeer, maak nie saak wat my omstandighede is nie..."
    GLADONESIA ALBERTS
" Ek is speechless...maar ook so trots op jou. "
   PETER BLOEMFONTEIN


" Ek het nie woorde nie...ek is so trots op jou..!! "
     CHANTAL DARIES
" Dankie dat jy dit saam met my deel... Verskoon my, geen kommentaar nou... net te emosioneel. "
     JANINE PRETORIUS
" Jy is 'n dapper vrou. Mens kan jou net bewonder vir die manier waarop jy alles hanteer het en steeds doen. Baie sterkte en voorspoed vorentoe. Dit was 'n inspirerende en heerlike leesondervinding. "
   JENNIFER K. RIDDLES
" ...Warboel van emosies. Net 'n ma sal die seer verstaan wat jy moes ervaar..dis 'n sielewroeging wat jou op die "highs en lows" neem. Ek sien uit na jou volgende werke...Hopelik sal ek die tissues kan wegsit vir hulle. "
     DOMINIQUE NOMDO
" Hey there!! Sjoe! Ek't  vanaand jou boek by Emma gekry! Het dit nou klaargelees. OMW!!!! What you went through! I have so much more respect for you. God bless you! Love you lots. Mwah!! "
     SHIREE D. STEYN
" My nota aan jou... Wie sal ooit die hart van 'n moeder verstaan. Om te se ek verstaan wat jy deurgemaak het, sal 'n leuen wees. Begrip is 'n beter beskrywing... Baie dankie vir wat ek daardeur kon leer. "
        LIEZEL AUGUST
" Wow...ek is trots op jou! Ek het nog nooit terselfdertyd gelag en gehuil nie...Awesome!! "
      ELSABE MOSES

"
Ek is MAL oor jou boek."
   LEMONA KLEINHANS

" Baie mooi boek, Vee. Huil baie lekker as ek die boek lees. God seen jou."
   MARIA HENDRICKS
" Jou boek interesseer my...agterkant gelees en nou WIL ek die boek se inhoud ook lees. God ken jou besluite, hart en gedagtes. God Bless."
  SHAMIEL DAMONS




 


 KONTAK EN BESTEL >>>>>>